Skip to content

Ons en die Onderwys

Potgooi

Ons en die Onderwys

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Ons en die onderwys: 650 gesprekke oor onderwys

Ons en die onderwys: 650 gesprekke oor onderwys

Kategorie: Ons en die Onderwys2026-09-13

13 September 2026: Estel de Beer, senior regisseur: mandaat, drama en opvoedkunde by RSG, praat met Johan van Lill ter viering van sy 650ste program. Hulle kyk terug na hoe Johan by die program betrokke geraak het, hoe die onderwysgesprek oor die jare verander het, en wat hy uit honderde gesprekke met mense in die onderwyswêreld geleer het.

Ons en die Onderwys: Selfgerigte leer in ’n veranderende wêreld

Ons en die Onderwys: Selfgerigte leer in ’n veranderende wêreld

Kategorie: Ons en die Onderwys2026-09-06

6 September 2026: Johan van Lill praat met prof. Dorothy Laubscher, waarnemende navorsingsdirekteur van die Noordwes-Universiteit se Navorsingseenheid Selfgerigte Leer, en Eunice Pretorius, koördineerder van die PGCE-program en junior lektor aan die Noordwes-Universiteit, oor selfgerigte leer en waarom dit toenemend belangrik word in ’n veranderende onderwyswêreld. Hulle gesels oor wat selfgerigte leer werklik beteken, hoe die rol van die onderwyser verander en watter invloed kunsmatige intelligensie en assessering op die ontwikkeling van selfgerigte leerders kan hê. Hulle kyk ook vooruit na die Eenheid se jaarlikse internasionale konferensie.

Ons en die onderwys: Die krag van skoolleierskap

Ons en die onderwys: Die krag van skoolleierskap

Kategorie: Ons en die Onderwys2026-08-30

30 Augustus 2026: Johan van Lill praat met prof. Lloyd Conley, uitvoerende dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit, oor die rol wat skoolleierskap in die sukses en ontwikkeling van ’n skool speel. Hulle gesels oor die verskil tussen bestuur en leierskap, waarom onderrig en leer die kern van ’n skoolhoof se werk behoort te bly, en hoe sterk leierskap die kultuur en prestasie van ’n skool kan beïnvloed.

Ons en die onderwys: Kuns, beweging en kreatiwiteit in kinderontwikkeling

Ons en die onderwys: Kuns, beweging en kreatiwiteit in kinderontwikkeling

Kategorie: Ons en die Onderwys2026-08-23

23 Augustus 2026: Johan van Lill praat met die bekroonde visuele kunstenaar Henk Serfontein oor die Bloekomboom-projek. Dis ’n inisiatief waarin visuele kuns, beweging en die natuur saamkom om kinders ruimte te gee om te ontdek, te ervaar en hulleself uit te druk. Dit het ontstaan uit die raakpunte tussen Serfontein se tekenkuns en Hannah Loewenthal se danspraktyk.

Ons en die onderwys: Wanneer ’n leerder ondersteuning nodig het

Ons en die onderwys: Wanneer ’n leerder ondersteuning nodig het

Kategorie: Ons en die Onderwys2026-08-16

16 Augustus 2026: Johan van Lill praat met Ronica Thompson, professionele adviseur van leerders met spesiale onderwysbehoeftes en inklusiewe onderwys by Professionele Dienste van die SAOU, oor wat inklusiewe onderwys prakties beteken vir leerders met leerhindernisse in hoofstroomskole. Hulle bespreek ondersteuningsplanne, assesseringsakkommodasies, en wat ouers redelikerwys van ’n skool kan verwag.

Ons en die onderwys: Regte, verantwoordelikhede en beste belang van kind

Ons en die onderwys: Regte, verantwoordelikhede en beste belang van kind

Kategorie: Ons en die Onderwys2026-08-09

9 Augustus 2026: Johan van Lill praat met prof. Mariëtte Reyneke en dr. Juané van der Merwe-Mocke, redakteurs van die nuwe boek, Commentary on Education Law and Policy. Hulle verduidelik waarom kennis van onderwysreg noodsaaklik is vir regverdige en verantwoordelike besluitneming in skole.