Ons en die onderwys: Taalonderrig wat leef en leer
18 Oktober 2026: Is ’n stil klas noodwendig ’n klas waarin leerders leer? Estel de Beer praat met Chanéll Homann, ‘n dosent in opvoedkundestudies aan Akademia se Fakulteit Opvoedkunde, oor betekenisvolle deelname in die taalklas. Die gesprek fokus op praktiese onderrigidees, dissipline en onderwysers se werkslading.
