Skip to content

POTGOOISNITTE

Erfenis van stilte: ’n Gesprek met apartheid se kleindogter

Erfenis van stilte: ’n Gesprek met apartheid se kleindogter

Kategorie: Op en Wakker2026-05-06

Hoe klink ’n erfenis wat jy nie gekies het nie, maar wat jou steeds vorm? Om groot te word met die stille wete dat jou gemak gebou is op ander se ontbering – dat jou naam deure oopmaak wat vir miljoene gesluit was. Dit is nie net geskiedenis nie. Dis iets wat in jou huis, jou geheue en jou identiteit bly sit. Wat maak jy met daardie kennis? Bly jy stil, of begin jy afbreek wat jou gevorm het? Ons praat met Lidia Rauch, wie se nuwe boek, APARTHEID’S GRANDDAUGHTER, pas verskyn het.