Danré Strydom maak geskiedenis op gesogte internasionale musieklys
Danré Strydom, klarinetsolis en medeprofessor aan die Odeion-musiekskool in Bloemfontein, is pas ingesluit op die internasionale lys van Vandoren-kunstenaars. Sy is die eerste uit Afrika wat dié eer te beurt val. Vandoren is ’n lys wat net die top-houtblaasmusikante en -opvoeders in die wêreld insluit. Dit is mense wat op internasionale verhoë speel en by top- musiekinstellings betrokke is.
