Skip to content

POTGOOISNITTE

Maermaakspuite: Wat is feit en wat is fiksie?

Maermaakspuite: Wat is feit en wat is fiksie?

Kategorie: Op en Wakker2026-05-13

Die debat oor sogenaamde “maermaakspuite” en GLP-1-middels word veral gedryf deur sosiale media en die toenemende gebruik buite formele mediese kanale. Mediese kenners waarsku dat daar ’n gevaarlike mengsel van feite, wanopvattings en ongereguleerde produkte in omloop is. GLP-1 is nie ’n kitsmaermaakmiddel nie, maar ’n streng gereguleerde hormoongebaseerde behandeling, wat slegs onder mediese toesig gebruik moet word. Ons praat hieroor met dr. Angelique Coetzee, ‘n ’n huisarts en oudvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging.