RSG Bekbasaar: Dieremaniere - Episode S2/E15
Elsje van Jaarsveld gesels met Susan Lombard, bestuurshoof van Maroela Media, oor ’n baie spesiale spanlid wat reeds vir tien jaar in die kantoorgange wandel – Japie, die Goue Abbakeur (Golden Retriever). Japie is destyds in die kantoor verwelkom met ’n baie spesifieke doel, om die gemoedere te lig waar joernaliste daagliks met ontstellende stories te doen kry. Susan deel kostelike staaltjies oor Japie se teenwoordigheid, maar die gesprek fokus ook op die praktiese sy van sake soos die verantwoordelikheid van die versorging van ’n kantoorhond en die faktore wat ondernemings in ag moet neem voordat hulle besluit om ’n troeteldier in die werksplek toe te laat.
