RSG Landbou: Wildbedryf SA hof toe oor beperking op aanhou van sekere spesies
20 Mei 2026: Het jy geweet dat wildeienaars van die Springbokvlakte tot onlangs toe nog verbied was om springbokke aan te hou? Wildbedryf Suid-Afrika het die hof namens sy lede en die breër bedryf genader, nadat die Gautengse regering begin het om voorwaardes op te lê om die aanhou van sekere spesies te verbied. Waarna kyk finansiers wanneer ‘n kredietaansoek oorweeg word? Dawie Maree van FNB het tydens die Oranjeriviervoere-boeredag op Prieska met boere hieroor gesels. Ons hoor ook wat Dries Pienaar, ‘n skaapboer van die Molteno-omgewing, oor die toekoms van skaapboerdery in die Karoo te sê het.
