Skip to content

RSG Landbou

Potgooi

RSG Landbou

'n Program vir boere dwarsoor die land.

RSG Landbou: Die belangrikheid van data

RSG Landbou: Die belangrikheid van data

Kategorie: RSG Landbou2026-10-19

19 Oktober 2026: Data gaan nie net oor rekordhouding nie – dit is ‘n bestuursinstrument. Só sê Darren Winkelmann van Cattle-iQ. Hy verduidelik hoe produsente se benadering tot data hulle winsgewendheid en besluitneming verander. Willem Barnard vertel van die Au Albidus Brahman-veiling wat op 24 Oktober by die Warmbad Veemark plaasvind.

RSG Landbou: Veediefstal, predasie en biosekuriteit

RSG Landbou: Veediefstal, predasie en biosekuriteit

Kategorie: RSG Landbou2026-10-17

17 Oktober 2026: Louis Wessels is die afgelope agt jaar bestuurder van regsdienste en administrasie by Agri Wes-Kaap. Hy gee raad aan boere oor veediefstal, predasie en biosekuriteit.

RSG Landbou: Intelekt Solutions-dag; Jack Human Bewaringslandbouweek

RSG Landbou: Intelekt Solutions-dag; Jack Human Bewaringslandbouweek

Kategorie: RSG Landbou2026-10-16

16 Oktober 2026: Die jaarlikse Intelekt Solutions-dag is vanjaar deur 201 produsente bygewoon tydens die 92ste Swartland-skou op Moorreesburg. Een van die sprekers by dié dag was dr. Karen Truter, ‘n landboukundige in plantvoeding by by InteliGro, wat ook vroeër vanjaar haar PhD in Agronomie verwerf het met ’n fokus op datagedrewe oplossings en plaasvlak-eksperimentering vir veldgewasse. Die Jack Human Bewaringslandbouweek is in Augustus aangebied. Professor Johann Strauss, senior navorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, vertel van die hoogtepunte en wat produsente geleer het.

RSG Landbou: Navorsingsprioriteite in die wynbedryf; Immuniteit en inentings

RSG Landbou: Navorsingsprioriteite in die wynbedryf; Immuniteit en inentings

Kategorie: RSG Landbou2026-10-15

15 Oktober 2026: Het jy al gewonder hoe navorsingsprioriteite in die wynbedryf bepaal word, en hoe navorsing in Suid-Afrika met die res van die wêreld se wynproduserende lande vergelyk? Dr. Adriaan Oelofse van South Africa Wine beantwoord hierdie vrae. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk was een van die sprekers by die onlangse LRF Veeskool, en ons het daar met hom oor immuniteit en inentings gesels. Johan van den Berg terug met die weervooruitsigte, en Chris Derksen praat oor die week se vleispryse.

RSG Landbou: Sojabone en bloubessies

RSG Landbou: Sojabone en bloubessies

Kategorie: RSG Landbou2026-10-14

14 Oktober 2026: Inokulering by sojabone is krities vir stikstofbinding volgens Corné Lourens van Nutrico. Hy verduidelik ook hoe ‘n voorspelde droë seisoen die oorlewing van rhizobium-bakterieë beïnvloed. Het jy geweet daar is omtrent 3 000 hektaar bloubessies wat in Suid-Afrika geproduseer word? Die meeste hiervan word per hand gepluk. Ons het onlangs ‘n inligtingsdag by Fall Creek in die Paarl bygewoon, en daar met ‘n paar rolspelers gesels.

RSG Landbou: Vastetermynkontrakte vir tydelike werkers; Wes-Kaapse Byevereniging

RSG Landbou: Vastetermynkontrakte vir tydelike werkers; Wes-Kaapse Byevereniging

Kategorie: RSG Landbou2026-10-13

13 Oktober 2026: Dis daardie tyd van die jaar wanneer vrugteprodusente oes, en groot hoeveelhede tydelike arbeid gebruik. ‘n Vastetermynkontrak tussen die werkgewer en werknemer is hier van toepassing, maar het jy geweet dié kontrak is net vir drie maande geldig? Arbeidspesialis, André Bloem, gesels met ons hieroor. Die Wes-Kaapse Byevereniging bied jaarliks werkswinkels aan wat aspekte soos byesiektes, peste in korwe en algemene instandhouding aanspreek. Pieter Loubser, ‘n byeboer van St. Helenabaai, vertel wat hulle die afgelope jaar vir die bedryf gedoen het om te verseker dat dié vereniging se lede ingelig bly. Heinrich Victor is opn sy pos met die jongste wolmarkverslag.