Skip to content

RSG Landbou

Potgooi

RSG Landbou

'n Program vir boere dwarsoor die land.

RSG Landbou: Is boere veerkragtig genoeg om El Niño te hanteer?

RSG Landbou: Is boere veerkragtig genoeg om El Niño te hanteer?

Kategorie: RSG Landbou2026-09-15

15 September 2026: Landbou in die Noord-Kaap het ‘n goeie seisoen met bogemiddelde reënval agter die rug, en produsente pluk reeds die vrugte daarvan. Die vraag is egter of produsente veerkragtig genoeg is om die voorspelde El Niño-verskynsel te hanteer. Die Overberg Agri Herkouerdag het in Augustus by die Roodebloem Proefplaas naby Caledon plaasgevind. Winsgewende en volhoubare herkouerproduksie was die tema. Een van die sprekers, dr. Andy Hentzen van die Universiteit van Pretoria, het op skaapproduksie gefokus. Ons gesels met hom hieroor. Heinrich Victor vertel wat by die jongste wolveiling gebeur het.

RSG Landbou: Agri Noord-Kaap Jongboer van die Jaar

RSG Landbou: Agri Noord-Kaap Jongboer van die Jaar

Kategorie: RSG Landbou2026-09-14

14 September 2026: ‘n Rosyntjie- en pekanneutprodusent van die Groblershoop-omgewing is as Agri Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar aangewys. Rean Clasen sien ‘n blink toekoms vir landbou in Suid-Afrika. Ons hoor wat die Nu-Alcade Bonsmara-groep vir hulle veiling van 24 September by die Warmbad Veemark beplan. Dr. Pieter Swanepoel van die Universiteit Stellenbosch het by vanjaar se Overberg Agri Herkouerdag oor geïntegreerde vee- en weidingstelsels gepraat. Ons het hom oor sy aanbieding uitgevra.

RSG Landbou: Die verband tussen landbou en Game of Thrones

RSG Landbou: Die verband tussen landbou en Game of Thrones

Kategorie: RSG Landbou2026-09-12

12 September 2026: Wetenskaplikes is besig met navorsing wat verband hou met uitgestorwe diere, wat groot voordele vir die wildbedryf kan inhou. Wat die oudste landdiere betref, is daar ‘n fassinerende verband tussen wetenskap en Game of Thrones!

RSG Landbou: Watter land voer die meeste rooibos in?

RSG Landbou: Watter land voer die meeste rooibos in?

Kategorie: RSG Landbou2026-09-11

11 September 2026: Tien miljard koppies rooibostee word jaarliks gedrink. Hierdie eg Suid-Afrikaanse produk word na 50 lande uitgevoer. Adele du Toit van die SA Rooibosraad vertel watter land meeste rooibos invoer. Kachne Ross van South Africa Wine praat oor die waarde van menseontwikkeling in landbou.

RSG Landbou: Verbruikersvoorkeure onder loep by Wagyu-wêreldkonferensie

RSG Landbou: Verbruikersvoorkeure onder loep by Wagyu-wêreldkonferensie

Kategorie: RSG Landbou2026-09-10

10 September 2026: Suid-Afrika is besig om sy vere reg te skud vir die Wagyu-wêreldkonferensie op 13 en 14 Oktober in die Kaap. Vleis sal beslis in die kollig wees, en daar sal onder meer gekyk word na die Wagyu-karkas en verbruikers se voorkeure. B2 Bonsmaras en El Tauro Bonsmara-stoet bied op 18 September hulle gesamentlike veiling in Kimberley aan. Johan van den Berg is oudergewoonte terug met weernuus, en Chris Derksen met nuus oor vleispryse.

RSG Landbou: Vaardigheidsontwikkeling in die wynbedryf

RSG Landbou: Vaardigheidsontwikkeling in die wynbedryf

Kategorie: RSG Landbou2026-09-09

9 September 2026: Boerdery is nie ‘n gewone besigheid nie. Dis ‘n gespesialiseerde bedryf, en soos ‘n boerdery groei en verander, behoort jou versekering ook daarby aan te pas. Old Mutual Insure is vanjaar by Nampo Kaap, en Lieza Barnard nooi jou uit om by hulle stalletjie aan te klop om met hulle hieroor te gesels. Wanneer ons oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse wynbedryf praat, draai die gesprek dikwels om klimaatsverandering, tegnologie, nuwe markte en veranderende verbruikersgedrag. Nie een van hierdie veranderinge vind egter sonder mense plaas nie. SA Wine vertel wat hulle doen om mense en hulle vaardighede te ontwikkel. Ons gesels ook met Bennie van Zyl van TLU SA oor hulle onlangse kongres.