Skip to content

POTGOOISNITTE

Wat van privaatheid by toegangsbeheer van komplekse?

Wat van privaatheid by toegangsbeheer van komplekse?

Kategorie: Op en Wakker2026-05-28

Die Inligtingsreguleerder van Suid-Afrika het ‘n voorgestelde gedragskode bekend gemaak om toegangsbeheer by kantoor- en woonkomplekse te rig. In Suid-Afrika, soos in die res van die wêreld, is toegangsbeheerpunte waar individue hulle ID of bestuurslisensies moet wys, algemeen. Wat behels hierdie gedragskode, en wat van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA)? Ons praat hieroor met Carine Marais, ‘n regsgeleerde en stigter van Civitas Strategic Regulatory Advisory.