Skip to content

POTGOOISNITTE

RSG Bekbasaar: Trou is die perdekoop nie – Geloof, grense en ‘n gebed wat ‘n Moslem-man se hart verander het

RSG Bekbasaar: Trou is die perdekoop nie – Geloof, grense en 'n gebed wat 'n Moslem-man se hart verander het

Kategorie: Trou is nie perdekoop nie2026-06-02

S2E18: In hierdie aangrypende episode gesels Sharon en Mogamat Jephta oor hulle merkwaardige huwelik van byna 40 jaar. Hulle ontmoet as strooijonker en strooimeisie in ’n kerk—sy ’n Christen-konstabel en hy ’n Moslem-groentjie. Weens polisiereëls moes hulle hulle liefde geheim hou met vroeë oggendoproepe vanaf ’n tiekieboks. Mogamat deel openhartig hoe Sharon se diep liefde vir die Here sy hele lewe verander het. Vandag is hulle suksesvolle skrywers wat passievol oor die huwelik en ouerskap gesels. ’n Eerlike, hoopvolle storie van geloof, uithouvermoë en ware vennootskap wat jy nie mag misloop nie!