RSG Bekbasaar: Trou is nie perdekoop nie – DJ Reggie Philander oor flaters, geheime & die perfekte speellys
Met 25 jaar se radio-ervaring het die legendariese DJ Reggie Philander al álles by troues gesien! In hierdie episode deel hy intieme, skreeusnaakse én grillerige stories wat jou hare sal laat regop staan. Reggie verklap die geheime wetenskap van die perfekte troue-speellys, en watter liedjies gewaarborg is om enige dansvloer aan die brand te steek. Hy praat ook oor die emosionele impak van musiek, en hoe dit ‘n troudag kan maak of breek.





