RSG Bekbasaar: Dieremaniere - Die moeilike pad na vryheid
S2E18: In hierdie aangrypende en inspirerende episode neem Elsje van Jaarsveld ons agter die skerms van wildrehabilitasie, saam met Wade Whitehead van FreeMe Wildlife. Hy deel die emosionele en logistieke uitdagings wat gepaard gaan met die behandeling en uiteindelike vrylating van beseerde en getraumatiseerde wilde diere. Ons hoor van die dramatiese verhaal van hoe hulle op ’n een slag 4 000 valke moes inneem en versorg nadat die voëls in ’n geweldige haelstorm beseer is. Ons kry ’n unieke blik op die daaglikse sorg van ’n wye verskeidenheid diere wat tans in hulle fasiliteit is – van skilpaaie, tierboskatte, muskeljaatkatte en vaalboskatte tot kraanvoëls, aasvoëls, uile, blesbokke, duikertjies, njalas en ’n zebra. Wade beklemtoon die kragtige netwerk van vrywilligers, veartse en passievolle individue wat nodig is om die suksesvolle rehabilitasie van net een enkele dier moontlik te maak.
