Ons het enkele programveranderings gemaak sodat wedstryde van die Sokker Wêreldbeker uitgesaai kan word.
Dinsdag 14 Julie Sokker Wêreldbeker
Kommentator: Udo Carelse
21:00-23:00
Lande moet nog bepaal word so laai sodra dit bekend is
Geestesgesondheid sal op potgooi beskikbaar wees
Woensdag 15 Julie Sokker Wêreldbeker
Kommentator: Johan Rademan
21:00-23:00
Lande moet nog bepaal word so laai sodra dit bekend is
Saterdag 18 Julie Sokker Wêreldbeker
Kommentator: Udo Carelse
23:00-01:00
Lande moet nog bepaal word so laai sodra dit bekend is
Sondag 19 Julie Sokker Wêreldbeker
Kommentator: Udo Carelse
21:00-23:00
Lande moet nog bepaal word so laai sodra dit bekend isBafana Bafana is vir die eerste keer sedert 2010 terug by die FIFA Wêreldbeker. Suid-Afrika het die toernooi aangebied.
Waar vind die 2026 Wêreldbeker plaas?
Die 2026 FIFA Wêreldbeker word gesamentlik aangebied deur die VSA, Mexiko en Kanada. Dit is die eerste keer dat drie lande saam die toernooi aanbied. Die toernooi word van 11 Junie tot 19 Julie 2026 gespeel.

Die grootste Wêreldbeker nóg!
Hierdie jaar is daar groot veranderinge met 48 spanne (voorheen 32) wat in 12 groepe van 4 spanne elk meeding.
Die top 2 spanne in elke groep plus die 8 beste derde-plekspanne gaan deur na die uitklopfase. Altesaam 104 wedstryde word gespeel – die meeste ooit.
FIFA se webblad met die wedstrydskedules: https://www.fifa.com/en/tournaments/mens/worldcup/canadamexicousa2026/scores-fixtures?country=SC&wtw-filter=ALL
Suid-Afrika se groep?
Bafana Bafana is in Groep A saam met Mexiko, Suid-Korea en die Tjeggiese Republiek.

Suid-Afrika is deel van die Openingswedstryd wanneer Bafana teen Mexiko op 11 Junie speel.

Suid-Afrika se Wêreldbeker-geskiedenis
Bafana Bafana het voorheen aan drie Wêreldbekers deelgeneem:
1998 – Frankryk
2002 – Suid-Korea/Japan
2010 – Suid-Afrika (as gasheer)
In 2010 het Suid-Afrika geskiedenis gemaak as die eerste gasheerland wat nie uit die groepfase kon vorder nie, hoewel Suid-Afrika vir Frankryk in hul laaste wedstryd geklop het. Ná 2010 het Suid-Afrika drie agtereenvolgende Wêreldbekers misgeloop voordat ons nou weer gekwalifiseer het.
Hoe het Suid-Afrika gekwalifiseer?
Bafana het bo-aan hul Afrika-kwalifiseringsgroep geëindig en sodoende direk gekwalifiseer. Onder afrigter Hugo Broos het die span baie verbeter om die land se eerste Wêreldbeker-kwalifikasie in 14 jaar te verseker.
Wie het die meeste Wêreldbekers gewen?
Brasilië 5
Duitsland 4
Italië 4
Argentinië 3
Frankryk 2
Uruguay 2
Engeland 1
Spanje 1
Wie is die gunstelinge in 2026?
Die meeste kenners reken die sterkste aanspraakmakers is:
Argentinië, Frankryk, Spanje, Brasilië en Engeland.
RSG se uitsendings:
RSG saai Bafana se wedstryde regstreek en volledig uit asook die halfeiendwedstryde en die eindstryd. Ons uitsaaispan is Kommentators Ian Morris, Udo Carelse en Johan Rademan en Verenzo Jagens.
RSG sal ook gereelde verslae van die kwarteindwedstryde uitsaai met Jana Swart en Verenzo Jagens as verslaggewers.
RSG se uitsaaiskedule lyk so:
| Do 11 Junie | Mexiko vs Bafana | 21:00 | Ian Morris | Kommentaar |
| Do 18 Junie | Tjeggië vs Bafana | 18:00 | Udo Carlese | Kommentaar |
| Do 25 Junie | Korea vs Bafana | 03:00 | Johan Rademan | Kommentaar |
| Do 9 Julie | Kwarteind | 22:00 | Jana Swart | Verslae |
| Vr 10 Julie | Kwarteind | 21:00 | Verenzo Jagens | Verslae |
| Sa 11 Julie | Kwarteind | 23:00 | Jana Swart | Verslae |
| Di 14 Julie | Halfeind | 21:00 | Verenzo Jagens | Kommentaar |
| Wo 15 Julie | Halfeind | 21:00 | Johan Rademan | Kommentaar |
| Sa 18 Julie | 3se plek uitspeel | 23:00 | Udo Carelse | Kommentaar |
| So 19 Julie | Eindstryd | 21:00 | Udo Carelse | Kommentaar |
Alle ander wedstryde sal dmv nuus en uitslae gedek word.
Geniet die toernooi – dis die eerste keer in 16 jaar dat ons weer vir Bafana op die wêreld se grootste verhoog gaan sien!