RSG Bekbasaar: Trou is die perdekoop nie – André en Juanita Velts
S2E19: Is dit Velts, De Villiers of Velthuizen? Ons gesels ons met die bekende paartjie, André en Juanita Velts, oor die storie van hulle “van-dilemma”. Hulle vertel hoe die eerste agt jaar van hulle huwelik, sonder kinders, gehelp het om die grondslag te lê om ‘n rotsvaste fondasie te bou. Ten spyte van reuse uitdagings (die moeilike swangerskap van hulle eerste kind, Covid, én ‘n pa wat ernstig siek was) het hulle as paartjie net sterker geword. Ons hoor hoe hierdie stewige fondasie hulle help om die strawwe vermaaklikheidsbedryf saam te trotseer.
