RSG Bekbasaar: Dieremaniere - Die witkruisarende van Roodekrans
S2E19: Elsje van Jaarsveld neem jou na die hange van die Walter Sisulu Botaniese Tuine in Roodepoort. Sy gesels met Johann van den Berg, ’n passievolle vrywilliger verbonde aan die Black Eagles Project Roodekrans. Johann deel die merkwaardige en unieke verhaal van ’n broeipaar witkruisarende (Black Eagles) wat verkies het om hulle nes te skop te midde van die woelige stadslewe. Jy kry ’n intieme blik op hoe hierdie majestueuse roofvoëls daarin slaag om te oorleef, te jag en suksesvol te broei in ’n stedelike omgewing. Dit is tans broeityd, en die opwinding is groot aangesien ’n nuwe kuiken enige oomblik kan uitbroei. Johann verduidelik wat dit behels om as vrywilliger jou tyd op te offer om hierdie konings van die lug te monitor en beskerm.
