Skip to content

Sonderlinge musikante vereer in nuwe dokumentêre musiekreeks, ‘Hoor, hoor’, op RSG

RSG NOU

Sonderlinge musikante vereer in nuwe dokumentêre musiekreeks, ‘Hoor, hoor’, op RSG

Sonderlinge musikante vereer in nuwe dokumentêre musiekreeks, ‘Hoor, hoor’, op RSG

Die komponis en trekklavierspeler Nico Carstens, bekend om die internasionale treffer Zambezi, sou vanjaar ‘n 100 jaar oud wees. Dis ook 10 jaar sedert sy afsterwe op 1 November 2016.

Carstens is een van die kunstenaars op wie die kollig sal val in RSG se splinternuwe dokumentêre musiekreeks, Hoor, hoor.

Die episodes word elke Donderdagaand om 20:30 uitgesaai, maar weens die musiekregte is daar géén potgooie beskikbaar en moet luisteraars weekliks inskakel vir hierdie reis deur van Afrikaanse se voorste musiekmakers.

2 Julie
Hierdie reeks debuteer op Donderdag 2 Julie wanneer dit om 20:30 begin met ‘n program oor die musiek en lewe van Carike Keuzenkamp met Ettienne Ludick as die samesteller van dié episode.

Carika Keuzenkamp

9 Julie
Op 9 Julie laat val Veronique van Heyningen-Pieterse die soeklig op die skeppings en werk van Les Javan, wat deesdae ook as klankbaankomponis uitblink.

Les Javan

16 Julie
‘n Week later gaan Willem Pelser die musiek en loopbaan van Bles Bridges bekyk.

Bles Bridges

23 Julie
Fritz Klaaste gaan op Donderdag 23 Julie deur Jennifer Jones se musiekskatkis gaan sif.

30 Jennifer Jones

30 Julie
Die liedjieskrywer en klavierspeler Coenie de Villiers, skepper van die immergroen Karoonag, sal in Oktober vanjaar sy sewentigste verjaardag vier. Op Donderdag 30 Julie sal RSG se programbestuurder, Kobus Burger, De Villiers se tydslose skeppings in Hoor, hoor laat skitter.

Coenie de Villers

6 Augustus
Fran-Rico Lucas gaan ‘n week later die loopbaan van Dollar Brand oftewel Abdullah Ibrahim, wat as pianis die tydlose jazzlied Mannenberg gekomponeer het, op RSG voorop stel.  Ibrahim is onlangs op 91-jarige ouderdom oorlede.

Abdullah Ibrahim

13 Augustus
Die twee countrymusiek-legendes Billy Forest en Barbara Ray het elkeen ‘n gerf prag-treffers opgeneem en Jacques Arendt sal op Donderdag 13 Augusts hul musiek in ‘n spesiale dokkie-program die praatwerk laat doen.

20 Augustus
Op Donderdag 20 Augustus gaan Carla Mackenzie deur die treffers van Brasse Vannie Kaap (BVK) werk en na die draadloos bring. Dié hiphop-groep het ook in die buiteland opslae gemaak en by internasionale musiekfeeste opgetree.

27 Augustus
Die Vastrap-aanbieder Willem Viljoen sal op Donderdag 27 Augustus die komponis van musiekstukke soos die Klokkiewals, Nico Carstens, in ‘n half uur lange dokkie-program huldig.

4 September
‘n Week later is dit Sue Pyler-Slabbert se beurt met die treffers en DJ-mengsels van die bekroonde musikant, liedjieskrywer en radio-omroeper DJ Jazzy D, bekend om liedjies soos Lady Soul.

DJ Jazzy D

10 September
Kobus Burger is op Donderdag 10 September terug met ‘n program oor die musiek en lewe van die aktrise, kabaretsangeres en liedjieskrywer Amanda Strydom. “Miss Mandy”, soos sy ook bekend geword het, vier ook vanjaar haar 70ste verjaardag.

Amanda Strydom

17 September
Die Hoor, hoor-reeks word op Donderdag 17 September afgesluit met Haidee Muller-Isaacs wat luister na die aktrise, kabaretsangeres en sakevrou Natalia da Rocha se musieknalatenskap. Sy het reeds in 1984 opslae gemaak toe sy die temalied van Jans Rautenbach se ikoniese fliek, Broer Matie, gesing het.

Natalie de Rocha

Deel nou