Kompetisie
Wen ’n ekslusiewe ervaring by Klein Karoo Klassique
Klein Karoo Klassique, Oudtshoorn se winterfees van klassieke musiek, kuns, literatuur, kos en wyn, word van Vrydag 7 tot Sondag 9 Augustus oor die Vrouedag-langnaweek aangebied. Hoogtepunte sluit in: Die Kaapstadse Filharmoniese Orkes se eerste optrede hier na 13 jaar, Kaapstad Opera bring hulde aan Mimi Coertse en die Universiteitskoor Stellenbosch vier hulle 90ste bestaansjaar. Dié aanbod word aangevul deur kamermusiekuitvoerings, laataandmusiek, gesprekke, wynproeë en hope geleenthede om saam te kuier in die pragtige Klein Karoo. Kry die volledige program en kaartjies by klassique.co.za.
Een gelukkige RSG-luisteraar en sy/haar metgesel kan die volgende wen!
Die prys (ter waarde van meer as R15 500) is as volg:
- Dubbelkaartjies na al 10 musiekoptredes van 7 tot 9 Augustus 2026.
- Drie (3) nagte bed en ontbyt in ’n Deluxe-kamer by die pragtige Pictures Boutique Hotel, een van slegs twee vyfster verblyfinstansies op Oudtshoorn.
- ’n Koopbewys vir drie middagetes en drie aandetes vir twee by die Feesrestaurant, voorberei deur Nostalgie Restaurant.
- ’n Verwelkomingspakkie met eg-Klein Karoo-verrassings.
- Reis na, in en van Oudtshoorn en alle ekstras is vir die wenner se eie onkoste.
Al wat jy hoef te doen, is om die volgende aan 45889 teen R1.50 per SMS te stuur: Die kodewoord KAROO, laat ‘n spasie en dan jou antwoord op hierdie vraag: Hoeveel musiekoptredes word by Klein Karoo Klassique van 7 tot 9 Augustus 2026 aangebied?
Die sluitingsdatum is Vrydag 10 Julie om 13:00 en die wenners sal later die middag tydens Spitstyd bekend gemaak word.