Skip to content

POTGOOISNITTE

Wanneer ’n span in die werkplek nie veilig voel nie

Wanneer ’n span in die werkplek nie veilig voel nie

Kategorie: Intussen2026-07-14

Ons dink dikwels swak prestasie is ’n vaardigheidsprobleem, of ’n gebrek aan motivering. Wat as die eintlike probleem is dat mense nie veilig genoeg voel om hulle menings te lug, vrae te vra of selfs foute te erken nie? Wanneer werknemers uit vrees stilbly, kan dit kreatiwiteit, samewerking en uiteindelik ’n span se resultate ernstig benadeel. Ons praat hieroor met Anja van Beek wat spesialiseer in leierskap, spanontwikkeling en organisasiekultuur.