Skip to content

POTGOOISNITTE

Mandeladag: Waarom Don Mattera se nalatenskap steeds saak maak

Mandeladag: Waarom Don Mattera se nalatenskap steeds saak maak

Kategorie: Op en Wakker2026-07-17

Die Apartheidmuseum in Johannesburg gaan môre, ter viering van Mandela-dag, ’n installasie onthul wat hulde bring aan die digter, joernalis en vryheidsaktivis Don Mattera. Vir baie Suid-Afrikaners is sy naam dalk nie so bekend soos dié van ander struggle-ikone nie, maar sy woorde en stories het gehelp om die geskiedenis van apartheid en Sophiatown vir toekomstige geslagte te bewaar. Ons praat met Elvis Preslin, ’n direkteur van die Don Mattera Legacy-stigting.