Regsake: Regspraktisyns en die Regspraktykraad; Verborge gebreke en 'n voetstootsklousule
20 Julie 2026: Prokureur Tiaan Joubert -praat in die derde van ons reeks van vier episodes oor die Regspraktykraad. Hy fokus op wat dit in praktyk vir regspraktisyns beteken om deur dié raad gereguleer te word. Boedelspesialis Volker Kruger bespreek ‘n hofsaak wat handel oor of ‘n koper die verkoper vir verborge gebreke aanspreeklik kan hou in weerwil van ‘n voetstootsklousule.
