Skip to content

POTGOOISNITTE

Kaapse ouers verras deur Jamie Oliver!

Kaapse ouers verras deur Jamie Oliver!

Kategorie: Op en Wakker2026-07-21

In ‘n advertensie wat pas op televisie en sosiale media vrygestel is, verras die wêreldbekende sjef, Jamie Oliver, oënskynlik ‘n paar ouers wat hulle kinders by die Durbanville Voorbereidingskool kom oplaai. In ‘n japtrap is ouers en kinders in ’n kombuis, en kook dat die sap en sop spat. Die advertensie is vir ‘n nuwe kosidee-reeks vir Checkers. Een van die ouers wat baie verbaas lyk om Jamie Oliver te ontmoet, is Lente Swift, ‘n prokureur en ma van die Kaap. Sy is hier om ons van hierdie ervaring te vertel.