Spektrum: Gayton McKenzie sê DA se klagtes is nonsens
23 Julie 2026: Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê die DA se lys klagtes teen hom is nonsens; die DA het vroeër vandag ‘n dossier aan die Openbare Beskermer oorhandig. Koue sneeuweer word in die suidelike provinsies verwag. Die DRK sê die Ebola-dodetal styg tot bo 1 000, en meer as 2 500 mense is nou besmet.
