Sterre en planete: Maansverduistering in Augustus
26 Julie 2026: Augustus se hoogtepunte sluit in ‘n besonderse maansverduistering. Ons word ook weer herinner aan interessante Russiese sendings destyds, soos Spoetnik 5 in 1960 waarin twee honde, ’n konyn, veertig muise en twee rotte ‘n rit na die ruimte meegemaak het en weer veilig teruggebring is aarde toe.
