Skip to content

Sterre en Planete

Potgooi

Sterre en Planete

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Sterre en planete: Ontdekking wat bestaan van donker materie moontlik kan bevestig

Sterre en planete: Ontdekking wat bestaan van donker materie moontlik kan bevestig

Kategorie: Sterre en Planete2026-09-13

13 September 2026: Dr. Stefan Lotz praat oor ruimteweer, en beantwoord ’n luiteraarsvraag oor die invloed van sonweer op langafstand-radiokommunikasie. Die Parker Solar Probe het weer ’n rekord nabyverbyvlug van die son gedoen, binne 6,2 miljoen kilometer van die sonoppervlak, en teen 700 000 km/h. Ons hoor hoe Eugene Parker se oorspronklike idee van ’n sonwind, aanvanklik as “utter nonsense” afgemaak is! ’n Onlangse eksperiment, 1,6 km onder die grond, het ’n buitengewone waarneming gemaak, wat die moontlike bestaan van donker materie kan bevestig.

Sterre en planete: Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop

Sterre en planete: Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop

Kategorie: Sterre en Planete2026-09-06

6 September 2026: Jim Adams en prof. Matie Hoffman praat oor die Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop, en hoe dit vergelyk met Hubble en James Webb. Kan Hubble se lewe verleng word deur sy wentelbaan te verhoog? Daar is dalk ’n kans dat ons die herwinde Starship om die Kaap kan sien verbyvaar.

Sterre en planete: Komete wat die geskiedenis herskryf het

Sterre en planete: Komete wat die geskiedenis herskryf het

Kategorie: Sterre en Planete2026-08-30

30 Augustus 2026: Komete het dikwels die geskiedenis herskryf. Kort ná Julius Caesar se dood het daar ’n komeet verskyn wat so helder was, dat dit in die dag sigbaar was. Dit het die mense oortuig dat dit sy siel is, wat op pad na die hemel is. Nóg ’n dagkomeet het die fotografiese era in sterrekunde tot gevolg gehad, en dit in Suid-Afrika! En, Napoleon se inval van Rusland is deur ’n swaardvormige komeet “voorspel”. Het jy geweet dit is bykans net Suid-Afrika wat Lentedag op 1 September vier?

Sterre en planete: Africa2Moon-projek

Sterre en planete: Africa2Moon-projek

Kategorie: Sterre en Planete2026-08-23

23 Augustus 2026: Suid-Afrikaanse ingenieurs en wetenskaplikes is tans besig met ’n interessante projek wat ’n eerste in die wêreld sal wees. Die Africa2Moon-projek is ‘n lae-frekwensie radioteleskoop in die vorm van balle, wat in 2029 op die maanoppervlak ontplooi sal word om nuwe tegnologie te demonstreer en baanbrekerwetenskap te doen.

Sterre en planete: Sterrekundiges meet iets wat Einstein voorspel het, wat te klein is om te meet

Sterre en planete: Sterrekundiges meet iets wat Einstein voorspel het, wat te klein is om te meet

Kategorie: Sterre en Planete2026-08-16

16 Augustus 2026: Ons gas is ’n Suid-Afrikaner wat sy doktorsgraad in Australië doen, waar hulle dit kon regkry om iets te meet wat Einstein voorspel het. Dit word moontlik gemaak deur data van die Meerkat-teleskoop van sterre wat tot ’n duisend keer per sekonde om hulle eie as roteer. Luisteraars sal hierdie sterre kan hoor en herken in die program se kenwysie.

Sterre en planete: Besonderse sonuitbarsting; SpaceX-botsing met maan

Sterre en planete: Besonderse sonuitbarsting; SpaceX-botsing met maan

Kategorie: Sterre en Planete2026-08-09

9 Augustus 2026: Dr. Stefan Lotz vertel van ‘n besonderse sonuitbarsting aan die begin van Augustus. Prof. Matie Hoffman vertel die storie van die SpaceX-vuurpylstadium wat met die maan gebots het. Botsings het nogal ’n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van die heelal, asook die ontstaan van ons sonnestelsel. Wat is die oorsprong van gas soos metaan en koolstof in die gasplanete?