Skip to content

POTGOOISNITTE

Hulde aan Bettina Wyngaard

Hulde aan Bettina Wyngaard

Kategorie: Op en Wakker2026-07-27

Die dood van die bekroonde skrywer, Bettina Wyngaard, laat ’n diep leemte wat veel verder strek as die Afrikaanse literêre wêreld. Sedert haar afsterwe Vrydag stroom huldeblyke in van skrywers, uitgewers, vriende én lesers wat haar boeke gekoester het. Wyngaard word onthou as ’n skrywer en regsgeleerde wat nie weggeskram het van moeilike gesprekke oor ongeregtigheid, menseregte en gelykheid nie. Ons praat met die skrywer en navorser dr. Carien Smith.