Spektrum: Andrea Johnson by Madlanga-kommissie ondervra oor veiligheidsklaringsprosesse by Misdaadinligting
27 Julie 2026: Die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, word by die Madlanga-kommissie ondervra oor haar gevolgtrekking dat veiligheidsklaringsprosesse by Misdaadinligting gemanipuleer is. Ons praat oor die verskynsel van amptenare – soos Johnson – wat bedank voor hulle tot verantwoording geroep kan word. ‘n Verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die DA-kandidaat-raadslid, Sinovuyo Dyokwe, sal na verwagting vandag in die landdroshof in Kaapstad verskyn.
