RSG en Elizabeth Galloway Academy of Fashion maak twee matrikulante se drome waar
Vir baie graad 12-leerlinge is die matriekafskeid ’n droom wat finansieel buite bereik bly. Daarom maak RSG en die Elizabeth Galloway Academy of Fashion vanjaar weer twee jongmense se spesiale aand moontlik. Vanjaar spog die kompetisie met 57 inspirerende verhale van regoor die land. Ons gesels met Fiona Abdo, akademiese direkteur van die Elizabeth Galloway Academy of Fashion.
