Weggooi-babas: Vullishoop of bababoks?
Uitspraak word moontlik aanstaande maand verwag in ‘n hofsaak tussen die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en maatskaplike organisasies, wat weggooibabas red in sogenaamde bababokse. Meer as 300 weggooibabas is al so gered, deur onder andere die organisasie, Door of Hope. Ons praat hieroor met Marizanne Kok van Rapport.
