Kan pyplyn afhanklikheid van Seestraat van Hormoes verminder?
Is reuse pyplyne in die langtermyn die antwoord op die Seestraat van Hormoes, wat sedert die oorlog in Iran meer toe as oop is. Hormoes is ‘n nou seestraat van slegs 39 kilometer lank, maar ongeveer ‘n vyfde van die wêreld se olie-uitvoere moet daardeur beweeg. Israel se regering en die Amerikaanse minister van Buitelandse sake, Marco Rubio, het onlangs gesê ‘n oliepyplyn van 700 km tussen Saoedi-Arabië en Israel, is moontlik ‘n langertermynoplossing om die afhanklikheid van Hormoes te verminder. Ons praat hieroor met dr. Heinrich Matthee, ‘n kenner van die Midde-Ooste en direkteur van die Stigting Pionier Instituut.
