Wanneer ’n kind aan selfdood sterf (Deel 1)
Wanneer ’n ouer ’n kind aan selfdood verloor, verander die lewe onherroeplik. Dit is ’n pad van hartseer, vrae en rou, maar ook een waaruit jy ander waardevolle insigte kan put. Ojns praat met dr. Ansie Gous, wat saam met haar man, ds. Henk Gous, hierdie verlies beleef het. Hulle het later hulle verhaal in ’n boek gedeel. Sy deel haar ervaring, en wat sy wens meer mense oor selfdood en emosionele worsteling kon verstaan.
