Skip to content

POTGOOISNITTE

Kultuurkaravaan: Skryf nóú in, inskrywings sluit môre

Kultuurkaravaan: Skryf nóú in, inskrywings sluit môre

Kategorie: Op en Wakker2026-08-13

Oor net so bietjie meer as twee weke vat ons die pad met RSG en Verseker se Kultuurkaravaan! Die inskrywings het ingestroom, maar as jy nog nie jou dorp en sy mense ingeskryf het nie, moet jy spring! Inskrywings sluit môremiddag om 5 uur. As jy reeds ingeskryf het – baie, baie dankie! Ons het wonderlike inskrywings ontvang van elke streek en provinsie in die land. Van piepklein dorpies tot voorstede! En as jy nog twyfel of jy moet inskryf, gaan ons eie Willem Pelser en Carla McKenzie jou oortuig.