Formidabele vroue: Pretty Yende
Pretty Yende is een van Suid-Afrika se top-uitvoerprodukte waarop ons opreg trots kan wees. Pretty het al in elke groot en belangrike operahuis in die wêreld gesing, en in 2023 reeds, was haar dagboek tot in 2027 vol bespreek! Pretty het op die kroningsplegtigheid van Koning Charles, in 2023 gesing. Ons het kort daarna met haar in Op en Wakker gesels.
