Skip to content

POTGOOISNITTE

RSG Landbou: Jo-Andra se hoenders

RSG Landbou: Jo-Andra se hoenders

Kategorie: RSG Landbou2026-08-15

15 Augustus 2026: Jo-Andra Cloete Greegory se landboupad was aanvanklik onbeplan, maar die hartsreis wat sy onderneem het om haar plaas te vestig, het een geword waarop daar nie terugedraai kon word nie. Our Poultry Place is die naam van haar plaas en onderneming, en dis hier waar duisende kuikens hulle eerste lig onder haar wakende oog aanskou. Jo-Andra het destyds lewende kuikens en hoenders uit haar Opel Corsa in informele nedersettings verkoop. Vandag bestuur sy een van die snelgroeiendste hoenderplase in Suid-Afrika.