Skip to content

POTGOOISNITTE

Willowmore se Mellaney Roberts benoem vir nasionale kunstoekenning

Willowmore se Mellaney Roberts benoem vir nasionale kunstoekenning

Kategorie: Op en Wakker2026-08-17

Die wenners in vanjaar se Nasionale Kuns- en Kultuurtoekennings word Vrydag by Sun City in Noordwes bekend gemaak. Onder die benoemdes tel die keramiekkunstenaar en akademikus, Mellaney Roberts. Sy is benoem vir haar werk, Waar Bloed Nie Loop Nie. Mellaney is ’n boorling van Willowmore in die Oos-Kaap, en is tans besig met haar PhD. Sy is al onder meer in Denemarke vir haar werk vereer.