Gesondheid: Para-tiroïedkliere; Osteoporose
19 Augustus 2026: Ons praat oor die funksie van die para-tiroïedkliertjies in jou nek, én oor aspekte van osteoporose. Baie gevalle van para-tiroïend-wanfunksie word nie gediagnoseer nie, maar dié wanfunksie kan lei tot osteoporose, depressie en ander komplikasies. En, as ‘n ouer mens hulle been of werwel breek, is dit reeds ‘n diagnose van osteoporose en moet dieepasiënt anti-osteoporose behandeling kry. Mari Hudson praat met ‘n endrokriene chirurg en endokrinoloog oor dié toestande.
