Gesondheid: LDL cholesterol; Verhoogde cholesterol
7 Oktober 2026: Met LDL cholesterol wat inderdaad ‘n rol speel om jou bloedvate te beskadig, is dit wel nodig om die vlakke van dié cholesterol in jou bloed te verlaag. Wat is deesdae die beste behandeling? Ons kyk ook na redes vir uiters verhoogde cholesterol- of trigliseriedvlakke in genetiese siektes soos Familiele Hipercholesterolemie. Mari Hudson praat met ‘n mediese spesialis en kenner van lipied- en cholesterolmetabolisme.





