Robotte jaag Usain Bolt se rekord, maar hoekom?
Die Wêreldrobotspele kom later vandag in Bejing tot ’n einde, en as jy die afgelope paar dae op sosiale media was, het jy dalk een van die vreemdste 100 meter-wedlope nóg gesien. ’n Robot het dit in 9,39 sekondes afgelê – vinniger as Usain Bolt se wêreldrekord van 9,58 sekondes. Die robot het nie heeltemal so grasieus soos Bolt oor die wenstreep geskiet nie, maar dit laat ’n mens wonder: Hoekom bou ons robotte wat kan hardloop, sokker speel en selfs met mekaar meeding? Ons praat hieroor met dr. JC Schoeman, senior lektor by die Universiteit Stellenbosch se department elektriese en elektroniese ingenieurswese.
