RSG Landbou: George-landbouskou; Nampo Kaap
28 Augustus 2026: Landbouskoue en die vervoer van diere in ‘n tyd van bek-en-klouseer is sake wat die president van die George-landbouskou, Corne Botha, graag bespreek. Hy vertel van die lesse wat hulle in dié verband geleer het by die afgelope skou in die Suid-Kaap. Henk Aggenbach, die voorsitter van die Nampo Kaap-reëlingskomitee, vertel waarna ons vanjaar kan uitsien van 9 tot 12 September in Bredasdorp.
