Skip to content

POTGOOISNITTE

RSG Landbou: Die wêreldwolbedryf

RSG Landbou: Die wêreldwolbedryf

Kategorie: RSG Landbou2026-08-31

31 Augustus 2026: Het jy geweet 1952 was ‘n hoogtepunt vir die wêreldwolbedryf as gevolg van die Koreaanse Oorlog? Ons het by die Nasionale Wolkwekersvereniging se jaarkongres met Izak Staats van BKB hieroor gepraat. Die vleisbeesbedryf funksioneer in ‘n dinamiese omgewing. Markdruk, veesiekterisiko’s en veranderende verbruikersverwagtinge is van die faktore wat ‘n impak op dié bedryf het. Vanjaar se LRF Veeskool fokus hierop, en Izaan du Plooy van die Lewendehawe Registrerende Federasie vertel meer. Arthur de Villiers van AG Bonsmara vertel van hulle 34ste produksieveiling op 10 September in die Vrede-omgewing.