Sterskieter: Tracey-Lee Oliver
Tracey-Lee Oliver is iemand met vele talente. Sy is ’n sanger, aktrise, komediant en stemkunstenaar wat al op televisie, die verhoog en in rolprente haar merk gemaak het. Sy is oorspronklik van Grabouw, en het in 2005 Johannesburg toe gekom om haar professionele loopbaan te volg. Sy was onder meer te sien as Pam Joubert in Diepe Waters.
