Skip to content

POTGOOISNITTE

Wêreld Seksuele Gesondheidsdag

Wêreld Seksuele Gesondheidsdag

Kategorie: Intussen2026-09-03

Daar is sekere gesprekke wat ons vermy. Seks en seksuele gesondheid is vir baie mense een daarvan. Seksuele gesondheid gaan oor veel meer as net seks: dit sluit ons liggame, verhoudings, veiligheid, intimiteit, plesier en die reg in om ingeligte keuses oor ons eie liggaam te maak. Op 4 September 2026 word Wêreld Seksuele Gesondheidsdag gevier. Vanjaar se tema is Every Body, ’n herinnering dat seksuele gesondheid en regte vir elke mens en elke liggaam behoort te wees. Ons praat hieroor met dr. Jireh Serfontein, ’n mediese dokter en seksuoloog wat uitsluitlik in die veld van seksuele gesondheid werk.