Kultuurkaravaan Heidelberg: Koshelde en barmhartige samaritane
Ons kuier op Heidelberg in die Wees-Kaap met RSG en Virseker se Kultuurkaravaan. Die dorpe wat ingeskryf het, moes onder andere die dorp se koshelde en barmhartige samaritane uitlig. En hier op Heidelberg is die twee koshelde, Desiree van Deventer en Hanlie Uys, en oom Raymond Saayman die barmhartrige samaritaan. Hulle al drie sit hier by ons om die tafel hiervoor die Heidelberg hotel, waar ons van uitsaai.
