Kultuurkaravaan Heidelberg: Sport en pampoene
Ons sluit ons kuier met RSG en Virseker se Kultuurkaravaan op Heidelberg in die Wes-Kaap af saam met Kobus Meyer, ‘n sportlegende, en Altus Joubert, ’n pampoenlegende.
Die RSG en Virseker Kultuurkaravaanval in die pad om die plekke, mense en stories te ontdek wat Suid-Afrikaanse dorpe so uniek maak.
Ons sluit ons kuier met RSG en Virseker se Kultuurkaravaan op Heidelberg in die Wes-Kaap af saam met Kobus Meyer, ‘n sportlegende, en Altus Joubert, ’n pampoenlegende.
Een van die belangrike bene van RSG en Virseker se Kultuurkaravaan is gemeenskapsprojekte wat die inwoners van die dorp ophef, saamtrek en ‘n verskil maak. Dis ook vir die ATKV, ‘n vennoot in die Kultuurkaravaan belangrik. In ons ATKV-gemeenskapsfokus, gesels Pieter Steyn met Moira Odendaal, voorsitter van die ATKV-tak Drostdy op Swellendam.
By ons sit drie legendes van Heidelberg – die formidabele storievertellers Boesman Keyser, Hennie Odendaal en Nico Steyn.
Ons kuier op Heidelberg in die Wees-Kaap met RSG en Virseker se Kultuurkaravaan. Die dorpe wat ingeskryf het, moes onder andere die dorp se koshelde en barmhartige samaritane uitlig. En hier op Heidelberg is die twee koshelde, Desiree van Deventer en Hanlie Uys, en oom Raymond Saayman die barmhartrige samaritaan. Hulle al drie sit hier by ons om die tafel hiervoor die Heidelberg hotel, waar ons van uitsaai.
Ons kuier met RSG en Virseker se Kultuurkaravaan op ons eerste dorp – Heidelberg in die Wes-Kaap. Die persoon wat Heidelberg ingeskryf het, is Cecil Uys. Saam met hom kuier oom Jan Hartnick saam. Hy is die vyfde geslag van sy familie in die distrik, en ‘n legende.
RSG en Virseker stel die Kultuurkaravaan bekend. Ons is op soek na Afrikaans se kosbaarste skatte! ‘n Spesiale uitsending met Martelize Brink, Gustav Greyling en Renske Jacobs, regstreeks vanaf Seepunt.