Skip to content

POTGOOISNITTE

Kunstenaars gesels oor kunsmaak op die platteland

Kunstenaars gesels oor kunsmaak op die platteland

Kategorie: Op en Wakker2026-09-10

‘n Mens hoor dikwels van kunstenaars, skrywers, digters en skilders wat doelbewus platteland toe trek om van die geroesemoes van die stad te ontsnap. Soms is die werklikheid minder romanties as wat hulle verwag het, en is hulle gou terug in groot dorpe of stede. Dan is daar kunstenaars wie se pad platteland toe loop, sonder dat dit beplan is, en die vryer lewe van die groot en wye ruimtes inspireer en dryf hulle na groter hoogtes. Op Willomore het ons twee kunstenaars raakgeloop wat nie beplan het om in die Karoo te gaan woon nie, maar wat hulle kuns suksesvol hier uitleef. Die een ‘n skilder, die ander ‘n digter. Sandra O’Kelly wie se gedig nou al jare ‘n voorgeskrewe werk vir Afrikaans Huistaal-matriekleerlinge is, kuier saam met ons. So ook Soretha Wagener, ‘n skilder wie se werk ver buite die grense van die Karoo gewild is.