From Canvas to Church
Dr. Ronell Bezuidenhout, pastor van Die Suid-Kaapse Evangelies-Lutherse Gemeente, is tans besig met ’n geloofsprojek om geld in te samel vir ’n nuwe kerkgebou. Hulle noem die projek, From Canvas to Church, ’n reis van ’n tydelike ruimte na ’n permanente tuiste vir die gemeente.
