Skip to content

POTGOOISNITTE

Kultuurkaravaan Fraserburg: Onderwys en landbou

Kultuurkaravaan Fraserburg: Onderwys en landbou

Kategorie: RSG en Virseker Kultuurkaravaan2026-09-15

Ons kuier met RSG en Virseker se Kultuurkaravaan op Fraserburg. In die Karoo is skaapboerdery ‘n onmiskenbare deel van die gemeenskap se kultuur, wat die ekonomie insluit. Ons het gister die Fraserburg Akademie se toneelstuk gesien waar boerdery, stilte, die veld en klip, sonsondergange en reën belangrike temas is. Elani de Klerk van Fraserburg Akademie sluit by ons aan, saam met Christo Thompson, ‘n boer, slaghuiseienaar en kroniese braaier. Adri de Klerk, ‘n boer hier in die Nuweveld-Karoo, kuier ook saam.