Skip to content

POTGOOISNITTE

Kultuurkaravaan Fraserburg: Fossiele, pannekoeke, blomme en gedigte

Kultuurkaravaan Fraserburg: Fossiele, pannekoeke, blomme en gedigte

Kategorie: RSG en Virseker Kultuurkaravaan2026-09-15

Ons kuier met RSG en Virseker se Kultuurkaravaan op Fraserburg in die Karoo-Hoogland, die Groot Karoo. Ons saai uit op die hoek van Voortrekkerstraat en Cilliersstraat, met die NG Kerk net ‘n hanetree van ons af. Dié gemeente vier van jaar sy 175ste bestaansjaar. Die persoon wie se inskrywing van Fraserburg die paal gehaal het, is Marinda Oberholzer. Saam met Marinda, kuier Esther van Wyk, ‘n pannekoekbakker, VLV-lid en fotograaf van veldblomme, en Elso-Lize van Wyk, een van die dorp se digters.