Skip to content

POTGOOISNITTE

Kultuurkaravaan Jacobsdal: Skole

Kultuurkaravaan Jacobsdal: Skole

Kategorie: RSG en Virseker Kultuurkaravaan2026-09-18

Ons kuier met RSG en Virseker se Kultuurkaravaan op Jacobsdal in die Vrystaat. Klein dorpies se goeie bestaan hang meer dikwels as nié, af van skole waarheen jong inwoners hulle kinders kan stuur. Jacobsdal is geen uitsondering nie – en hier is báie goeie skole. Om oor die skole en die rol daarvan in ‘n breër gemeenskap te gesels, kuier dr. Eduard Potgieter, hoof van die Hoërskool Landboudal, Nici Faber, beheerliggaamvoorsitter van Jacobsdal Primêr, en Marinda van det Walt van Jacobsdal Primêr, of Jakkies, se Opwaarts-sentrum by ons.