Wie is ek: Hoekom reageer ek soos ek reageer?
18 September 2026: “Ek het nog nooit emosionele werk aan myself gedoen nie. Waar begin ’n mens?” Dis ’n vraag wat dalk meer van ons raak as wat ons wil erken. En dan is daar finansiële stres – daardie konstante bekommernis oor geld wat nie net jou beursie raak nie, maar ook jou gemoed, verhoudings en jou besluite. Waar begin jy om jouself beter te verstaan? En wat gebeur met jou emosies wanneer geld jou voortdurend onder druk plaas?
