Kultuurkaravaan Klerksdorp: Spiesgooi en aktiwiteitepark
Ons kuier met RSG en Virseker se Kultuurkaravaan op Klerksdorp in Noordwes. Soos ons die afgelope twee weke deur die land getoer het, was daar een ding wat soos ‘n paal bo water uitgestaan het – die mense! Iemand hier op Klersdorp vertel ons hulle het nie ‘n berg, die see of ‘n rivier nie, maar hulle het mense van uitstaande karakter. Hier voor ons sit drie van hierdie mense: Erich Wiese, ‘n internasionaal gerekende spiesgooiafrigter, en Eljana en Louis Wiid, wat die Solid Ground-terrein, ‘n veeldoelige natuur- en aktiwiteitepark, buite die dorp bedryf.
